var isMobileBrowser=false;
Hierdie twee sirkels stel twee soorte lewens voor:
DIE SELF BEHEERDE LEWE
SELF is op die troon
Belange onder beheer van Self, lei dikwels tot konflik en frustrasie
Christus buitekant die lewe
DIE CHRISTUS BEHEERDE LEWE
CHRISTUS is op troon
Self is onttroon
Jou belange onder beheer van God lei tot toenemendeharmonie met God se plan vir jou lewe
Watter sirkel stel jou lewe voor?
Watter sirkel wil jy graag hê jou lewe voorstel?
Die volgende verduidelik hoe jy Christus kan aanneem:
Jy kan Christus nou deur geloof in gebed aanneem
(Gebed is 'n gesprek)
God ken jou hart en dit gaan vir Hom meer om die gesindheid van jou hart as om jou woorde. Jy kan soos volg bid:
"Here Jesus Christus, ek het U nodig. Dankie dat U vir my sondes gesterf het. Ek maak nou die deur van my lewe oop en neem u as my Verlosser en Here aan. Dankie dat U my sondes vergewe het en aan my die ewige lewe gee. Kom neem die plek op die troon van my lewe in en maak my die soort mens wat U wil hê ek moet wees."
Vertolk hierdie gebed die begeerte van jou hart?
Indien wel, bid dit dan op hierdie oomblik en Christus sal, soos Hy belowe het, in jou lewe inkom.Nou dat jy Christus aangeneem het...
Hoe om seker te weesdat Christus in jou lewe is
Het jy Christus in jou lewe ingenooi? Volgens sy belofte in Openbaring 3:20, waar is God nou met betrekking tot jou en jou lewe? Christus het gesê dat Hy in jou lewe sal inkom. Sal Hy jou mislei? Op grond van watter gesag weet jy dat God jou gebed verhoor het? (Die betroubaarheid van God homself en sy Woord).
Die Bybel belowe die ewige lewe
“En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en die lewe is in sy Seun. Wie die Seun het, het die ewige lewe, wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die ewige lewe nie. Hierdie brief skryf ek aan julle sodat julle mag weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo” (1 Johannes 5:11–13).
Dank God dikwels genoeg dat Christus in jou lewe is en dat Hy jou nooit sal verlaat nie (Hebreërs 13:5). Op grond van sy belofte, kan jy verseker wees dat Christus in jou is en dat jy die ewige lewe het vanaf die oomblik dat jy Hom in jou lewe ingenooi het. Hy sal jou nie mislei nie.
‘n Belangrike herinnering...
Moenie op gevoelens staatmaak nie
Die belofte van God se Woord, die Bybel – nie ons gevoelens nie, - is ons gesag. Die Christen lewe in die geloof (vertroue) en in die betroubaarheid van God self en sy Woord. Hierdie trein-diagram illustreer die verhouding tussen feit (God en sy Woord) en geloof (ons vertroue in God en sy Woord), en gevoel (die gevolg van ons geloof en vertroue)
(Johannes 14:21).
Die trein sal loop met of sonder die kolewa. Maar dit sou nutteloos wees om die trein te probeer trek met die kolewa. Op dieselfde wyse maak ons as Christene nie op gevoelens of emosies staat nie, maar ons plaas ons vertroue in die betroubaarheid van God en sy beloftes in die Woord.
Noudat jy Christus aangeneem het
Die oomblik toe jy Jesus in die geloof as ‘n wilsbesluit aangeneem het, het baie dinge begin gebeur, insluitende die volgende:
Christus het in jou lewe ingekom (Openbaring3:20; Kolossense 1:27). Jou sondes is vergewe (Kolossense 1:14). Jy het ‘n kind van God geword (Johannes 1:12). Jy het die ewige lewe ontvang (Johannes 5:24). Jy het die groot avontuur waarvoor God jou geskape het, begin (Johannes 10:10; 2 Korintiërs. 5:17; 1 Tessalonisense 5:18).