var isMobileBrowser=false;
Kan jy aan enigiets beter dink wat met jou kan gebeur as om Christus as Verlosser te aanvaar? Wil jy graag sommer nou vir God in gebed bedank vir wat Hy vir jou gedoen het? Deur God te dank demonstreer jy jou geloof
Om jou nuwe lewe in volheid te geniet.
Voorstelle vir Christelike Groei
Geestelike groei is die gevolg van vertroue in Jesus Christus. “Die regverdige mens sal in die geloof lewe” (Galasiërs. 3:11). ’n Lewe vol van geloof sal jou in staat stel om God toenemend met elke besonderheid van jou lewe te vertrou en om die volgende te beoefen:
Bid
Bid tot God daagliks (Johannes 15:7).
Lees
Lees God se Woord daagliks
(Handelinge 17:11). Begin met die Evangelie van Johannes.
Gehoorsaam
Gehoorsaam God elke oomblik
(Johannes 14:21).
Getuig
Getuig deur jou woorde en lewenswandel vir Christus (Matteus 4:19;
Johannes 15:8).
Geloof
Vertrou God vir elke aspek van jou lewe
(1 Petrus 5:7).
Heilige Gees
Heilige Gees – Stel jou onder sy beheer. Laat Hy jou bekragtig om die Christelike lewe te lei (Galasiërs 5:16,17; Handelinge 1:8).
Christelike samesyn in 'n goeie kerk
Hebreërs 10:25 waarsku: "Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan..." Baie hout wat saam brand, maak 'n groot vuur. Wanneer een stomp uit die vuur gehaal en eenkant neergesit word, gaan dit gou dood.
Dieselfde geld vir jou verhouding met ander Christene. Skakel in by 'n gemeente waar Jesus Christus as die seun van God erken en die Woord suiwer verkondig word. Begin reeds hierdie week en beplan om gereeld eredienste by te woon